Ierland het my verbeelding aan die horings gegryp en so jigging en dansend, my siel pens en pootjies betower.
As jy afklim by die lughawe, en oor die nat vadoek van 'n landstrook hol om so gou moontlik uit die knertesende koue te vlug, die "Arrivals" saal binne - wag 'n verassing jou in: in die middel van die kaserne en andersins chroom-koue saalvloer, staan daar 'n piepklein kool stofie. Gooi so ewe vrolik 'n poel goudwarme lug - kompleet asof dit eintlik nou regtig in staat is om die helse groot lughawe, so kiertsalleen kan verwarm.
En, net daar, toe ek die warmte oor my voete voel lek, het die Ierse toorspel my hart ingekatrol: met die xxx'e geur van 'n peat vlamme, voel ek watse goedhartigheid en optimisme het besluit om verkluimde reisigers op te wek met 'n enkele ou stofie.
Dis ierse magick. En net soos Leprechauns en feetjies, as jy mooi kyk, kan jy dit oral sien.
Monday, 8 October 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment